Your guide to wedding and lifestyle vendors.

Blog

Mooiste vrou, jy maak ‘n impak. Moenie stop nie!

Moenie stop nie.

Moenie ophou nie.

Moenie aan die negatiewe gedagtes dink nie.

Die waarheid is, dat die lewe nie altyd maklik is nie. Daar is baie op – en afdraandes wat jou sal MAAK VOEL dat jy nie goed genoeg is nie. Dat jy moet opgee. Dat jy nie DIE MOEITE werd is nie. Maar ek het nodig dat jy fyn luister en besef dat jy nie die ego in jou agterkop is wat vir jou sê dat jy nie werd is nie.

Jy is nie daardie stem nie. en jy moet verstaan dat alhoewel daardie stem altyd in die agtergrond van jou lewe kan wees, is daardie stem nie wie jy regtig is nie.

Almal het die potensiaal om die beste weergawe van hulself te word. Alhoewel ons dikwels te bang is om toe te laat om te aanvaar wie ons regtig kan wees.

Soek hoekom jy wil voortgaan. Want as jy weer die passie vir jou lewe vind sal dit deur elke aspek van jou lewe wys. Dit sal jou deur die moeilike tye dra, en jou daaraan herhinner dat jy altyd genoeg is en volkome, ten spyte van wat aan die buitekant met jou kan gebeur.

Ek weet ek is net ‘n vreemdeling en dalk beteken hierdie Blog niks vir jou nie, maar soos jy hierdie woorde lees hoop ek dat jy begin onthou dat jy soveel meer is as die pyn wat jy ervaar.

Ons is nie gemaak om dieselfde te bly nie. Ons is gemaak om doelwitte te stel en dit te bereik en meer te wil hê. Ek is nie dieselfde vrou wat ek verlede jaar hierdie tyd was nie, en dit is die skoonheid van groei in wie jy hoop om te wees eerder as om net groot te word.

Jy kan ontwikkel en redigeer, herskryf en verfyn, misluk en slaag, neer te val en weer op te staan. Want waar okal jy nou is, dit is ‘n werk wat aan die gang is. Nie perfeksie nie maar vooruitgang.

Ek weet daar is dae wat jy voel daardie stem praat die waarheid, maar vind asseblief die rimpeling vir die lewe. Vind die passie en vuur wat jy binne jou het en steek die kers weer aan. Jy het op hierdie oomblik alles wat jy moontlik nodig het, en al wat jy hoef te doen is om weer te begin glo dat jy sterk, bekwaam en waardig is om alles wat jy die graagste wil hê, in jou lewe te bring.

Jy het vingerafdrukke wat niemand anders het nie, ‘n hart wat klop in teenstelling met iemand anders s’n, oë wat op ‘n manier sien wat niemand anders kan nie, ‘n liggaam wat voel en seer en soos geen ander liefhet nie. Die aarde het byna 8 miljard mense, en alhoewel jy net een is, maak jy soveel saak.

God het ‘n visioen in jou hart geplaas, een wat jy op hierdie oomblik nie eers volledig begryp nie, jy voel dit maar kan dit nog nie sien nie.

Ek wil vir jou mooiste vrou aanmoedig soos ek myself aanmoedig, durf jy nie ophou nie, wie jy geroep is om te dien het jou nodig.

Alhoewel ek miskien nie almal persoonlik ken nie, bid ek wel vir jou, jou besigheid en jou persoonlike lewe. Want jy maak ‘n impak!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *