Sponsors for the hunt

2020 Hunt Memories

2020 Treasure Hunt Winner - Frederik & Annamarie

Na 29 jaar het niemand gedink ek gaan ooit ñ vrou kry nie. Toe ontmoet ek haar sowaar by die bar. Sy het ñ ander storie vertel as al die ander mense; hare was vol kleur, vreugde, vrolikheid. Ek kon in haar oë sien dat hierdie meisie die lewe geniet. Ek moes haar leer ken…


Frederik het my bier geskink na een van my Sondagoggend-draffies. Sy oë was sag en sy glimlag eg, maar matta, ek het nie kans gesien vir nóg vingers brand nie, toe verdwyn ek maar die skare in! Minwetend dat dié sagte oë ñ harde wil het! So gebeur dit toe dat ek ñ boodskap van ñ vreemdeling kry: “jy slaan my asem weg, wil jy gaan draf?”

Dit was ñ lang gewag, maar na ñ week het sy ingestem om te gaan draf en so het een draffie, twee, drie, vier geword. Draffies het in naweke berge toe verander. Voor ons ons oë kon uitvee, was ons saam in Interlaken, hand-aan-hand op die rugraat van ñ berg.


Hy het stil-geduldig toegelaat dat my vlindershart oor oseane vlieg, al was almal onseker of die vlinder ooit weer sou terugkeer. Ek het, en te danke aan God se genade en ingryping, het ons twee die voorreg gehad om die afgelope 18 maande in dieselfde provinsie te wees en saam te groei. Deur grendeltyd het ons besluit dat ons ñ driedubbele tou wil vleg en hier is ons nou!